![]() |
![]() |
KAROO 80 Km - 28 September 2002
|
KAROO WEDLOOP Jy
..... ja jy wat altyd wik en weeg,wonder en raai....... Hoop
om D.V. weer in 2003 deel te kan wees van so 'n ongelooflike Phillip.
The looooooong & winding road Op 28 September 2002 om 6:00 vm, spring 'n handjie vol nimmereinders weg in Laingsburg om die lang pad van 80km deur die Karoo vlakte aan te durf. Dit is moeilik om te glo dit is al die 32ste Karoo as jy die klein aantal atlete so op 'n bondeltjie sien. Onder hulle is vier mense wat van onse kerk se mense is.... Neil de Bruyn, Piet Lötter, Phillip Snyman en Fanie van Loggerenberg. Om luidkeels te ondersteun is die uwe, Hugo Radley en André Cronjé.
Waterpunt op 40 Km Die weer is nou nie wat ek sou beskryf het as ideaal vir hardloop nie, die wind druk erg van voor vir die eerste 28km, almal stoei teen die bulte en die wind oppad na Matjiesfontein. Dit bly koud en daar is nie sprake van t-hemde uittrek nie, die manne klou aan die ekstra hittetjies wat dit verskaf. Neil en Piet skaar hulle by die voorste gedeelte van die veld, en Phillip en Fanie dek die agterhoede (letterlik hoor... letterlik....).
Toilet op 46 Km Soos die kilometers wegval, begin dit die staal van die hardlopers wys - dit begin warm word, die wind maak sulke lekker toldraaie en die waterpunte se water se grade is heelwat hoër as wat ons as atlete dit verkies op 'n wedloop!!! Die pad raak laaaaaank en eensaam, die manne raak yl gesaai so oor die kilometers.
Eensaam en alleen Neil begin bietjie swaar trek hier op half pad en wil nie meer die mooi Karoo vlakte om hom sien nie, maar dit is waarvoor 'buddies' daar is, en Piet trek hom deur sy moeilike 'patch'. Hugo praat ook een strook moed in deur die 4x4 Audi se venster, gee yswater aan en voer aartappeltjies!!! Die twee skuif in 'n prag tyd van net so onder 7 uur 30 by die eindstreep verby (onderskeidlik 23ste en 24ste).
Nog eensaam en alleen Intussen trek Phillip en Fanie die agterste manne so een vir een in en skuif op in die range. Ek en André gooi nat, probeer geyste watersakkies so vinnig moontlik ontys (....ons het hulle te lank in die ys laat lê okay.....) en gee allerhande botteltjies met toorgoedjies aan. Phillip eindig baie, baie sterk (op die laaste 10km was dit moeilik om te glo die man het al 70km agter hom) in 'n uitstekende tyd van net onder die 9 ure (54ste). Fanie sukkel bietjie met krampe, maar die man byt vas en met 'n lekker stappie hier en daar warrel hy ook in 'n baie, baie goeie tyd van 9 ure 30 by die burgermeester van Laingsburg verby (69ste). In totaal voltooi 91 atlete die wedloop suksesvol die dag.
Nog steeds eensaam en alleen Kyk mense... ek het respek vir hierdie manne gekry. Dit is nou nie 'n bulletjie wat mens ligtelik aanpak nie en die aand by die prys uitdeling toe die baie gepaste liedjie speel van 'Stand up, stand up - for the champions, the champions', was ek die eerste om op die stoel te spring want wragtie, kragtie hulle is my CHAMPIONS!!!! ELSIE BEZUIDENHOUT
|
KAROO 80 Km - 28 September 2002
ABOUT
ACR =
History
| Achievements (incl. Annual Awards)
| Club Clothing | Club
Management (incl. AGM)
CONTACT ACR =
Tel. & Fax | Committee
Contact Info. | Clubhouse Location
JOIN ACR = Annual
Membership Fees | Club Clothing
| Application for Membership
WALLY = About
the Wally Hayward Marathon | Members'
Race Duties | Wally Website
INFO. = Related
Sites | Training Tips |
Nutrition
ACR NEWS = Newsletters
| Social Activities | Birthdays
EVENTS = Program
| Races - AGN League Races
- League Points Times | Results
| Time Trials | Training
Runs
|
This
page was generously sponsored by ...
|
|
|
|
|
Please support our sponsors! Please tell them you saw this ad. |
|